Local newsNews

Numbi hou fleurige lentedag

Laerskool Numbi het op 3 Sep-tember die begin van die nuwe lenteseisoen gevier deur die kinders aan te moedig om deel te neem aan 'n kompetisie.

Die kompetisie het vereis dat die leerders ‘n kreatiewe hoed uit enigiets moes skep om die tema van lente te beklemtoon.

Oulike pryse was oorgehandig aan dié wat die kreatiefste hoed op die dag kon voortbring.

Die onderwysers het seker gemaak dat hulle ook ‘n probeerslag inkry.

Lea Burger, Lulama Sibuyi en Mary-Jane Castelyn.

Die juniors het definitief groot gegaan met hulle hoede. Mary-Jane Castelyn het brons ontvang vir haar poging, Lulama Sibuyi het silwer gekry en Lea Burger goud.

Onder die seniors het Aiden Venter derde plek ontvang met sy hoed, Jordan de Klerk was tweede en Michelle Venter eerste.

Laerskool Numbi beplan nog sulke klein kompetisies om die kinders meer te leer oor die belangrike seisoene en om hulle te motiveer om aan meer dinge deel te neem buite akademie en sport.

ALSO READ: So op ’n druppel identies

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button