Kaalgat Karel ’n wegholsukses by Gaan Bos inniMall
Dié fliek het ’n Ster-Kinekor-teater tot sy Covid-kapasiteit vol gehad. Lees meer oor die karakter Karel, die kaalnaeler, wat enigiets sal doen vir liefde.


Francois Jacobs en Schalk Bezuidenhout het fliekgangers laat skater op 23 September tydens die première van die fliek Kaalgat Karel by vanjaar se Gaan Bos inniMall.
Soos jy by i’langa Mall se Ster-Kinekor ingestap kom, wag daar ’n wit Land Rover met plantegroei omring; dit sinspeel op die Land Rover wat Kaalgat Karel se vriend en huismaat, Flip, in die fliek bestuur.
LEES OOK: Dowwe Dolla groet die Laeveld met vertoning by Gaan Bos inniMall
Dié voertuig word in menigte situasies gebruik om Karel van die toneel te laat ontsnap waar hy pas kaalgat oor ’n gholfbaan of deur ’n resies gehardloop het.

Dit is tydens een van hierdie waaghalsige insidente waar hy vir Rita, die paramedikus, ontmoet, wat oombliklik sy hart steel en hom kaalnael laat opgee… vir ’n wyle.
LEES OOK: Innibos se eerste boekbekendstelling verloop glad inniMall
’n Plastiese chirurg ding ook mee vir Rita se hart, met nie ’n enkele vervelige oomblik tussen dié drie nie.

Die jong Rosebelle Clasen, wat die rol van Rita se dogtertjie, Bella, vertolk, het ook die gehoor se harte gesteel.
LEES OOK: First evening of Innibos at i’langa Mall a roaring success
Die fliek is in Oos Londen verfilm, en hoewel die inwoners volgens Bezuidenhout nie ’n groot liefde vir hul eie dorp het nie, meen hy dat hy en Jacobs wel hulle tyd daar terdeë geniet het.
Die fliek wys van 24 September af by i’langa Mall en is nie iets om mis te loop nie.









