Local newsNews

Swierige matriekafskeid vir Komatipoort Akademie

Komatipoort Akademie se matriekleerders van 2021 het met hul metgeselle op Donderdag 30 September die asems weggeslaan tydens die opkoms vir hulle matriekafskeid.

Die bywoners het die netjiese drag en interessante motors waarmee die leerders opgedaag het, terdeë geniet.

Tebogo Sithole.
Damien du Toit.

Dié swierige geleentheid is by die skool afgeskop met die gr. 12’s wat op verskeie unieke maniere op die rooitapyt verskyn het en in hul pragtige uitrustings gepronk het.

Nes verlede jaar was die opkoms ook weer lewendig uitgesaai en het dit die geleentheid geskep vir ‘n bykomende 1 600 mense om ook te deel in dié hoogtepunt.

Lindelwa Khoza.
Dirk du Plooy en Tyla-Anne Dibb.

LEES OOK: IN FOTO’S: Hoërskool Nelspruit hou matriekafskeid

Hierdie jaar is daar weggebreek van die tradisionele geleentheid en na afloop van die opkoms is die leerders eers per bus en toe met oop wildsbesigtigingsvoertuie weggevoer na ‘n eksklusiewe onthaalplek binne die Krugerwildtuin.

Die twee onderhoofleiers, Cor-Lee van der Walt en Diaan Vermaak. Foto: Verskaf

Die span van Royal Safaris het uit hulle pad gegaan om te verseker dat dit ‘n besonderse geleentheid was; van dekor tot kos was alles uit die boonste rakke en selfs ‘n ligte reënbui kon die feestelike gemoed nie blus nie.

Die twee hoofleiers van 2021, Bertus Jansen van Vuuren en Zarlia Engelbrecht.

Dit was baie van die matrieks se eerste keer in die Kruger in oop voertuie, en die ontmoeting met ‘n leeu was veral besonders.

LEES OOK: NHS se graadtwaalfs glansryk by matriekafskeid

As gashere van die matriekafskeid het die gr. 11-leerders, hulle voogonderwysers en hulle ouers hulle goed van hul taak gekwyt en is daar hierdie jaar vir seker ‘n uitdaging gevel vir toekomstige geleenthede om hierdie een te oortref.

Leandri Zeilinga en haar metgesel, Dirk Koekemoer.

Komatipoort Akademie wil graag almal wat bygedra het, finansieel en ondersteunend, bedank vir hulle aandeel en in besonder vir die span van Royal Safaris.

Inge van der Schyff en haar metgesel, Tian du Plessis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button