Leerders vorder van potlood na pen
Komatipoort Akademie het hulle gr. 3-leerders 'n kreatiewe toekenning, die sogenaamde "penlisensie", op 29 September gegee voordat die skole gesluit het om die derde kwartaal te eindig.
Die penlisensie word aan dié leerders in die derde kwartaal toegeken sodat hulle in die vierde kwartaal vir die res van hul skoolloopbaan kan oefen om met ‘n pen te skryf.

“Hulle lê in gr. 2 drukskrif vas, wat geleer word in gr. 1, en begin dan met lopende skrif. In gr. 3 word die lopende skrif vasgelê voordat hulle met pen kan begin skryf om hulle voor te berei vir gr. 4 en verder,” het Elaine Meyer, ‘n gr. 3-onderwyser, gesê.

LEES OOK: Nuwe kameras help om die Malalane-omgewing te beveilig
Komatipoort Akademie het Laser Diva van Potchefstroom gekontak en vir hulle die ontwerpidees vir liniale met penne gestuur, wat die leerders ontvang vir hul prestasies.

Om van die gebruik van ‘n potlood wat kan uitvee as daar ‘n fout gemaak word, na ‘n pen toe skuif wat permanent sy merk maak, is een van die groot stappe wat die leerders vir hulle akademiese toekoms neem. ‘n Sertifikaat het ook dié geskenk vergesel.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
