Local newsNews

Onderberg-seuns gekies vir rugbyspanne

Rugbyspelers van Laerskool Malelane en Komatipoort Akademie het hul skole trotsgemaak deur gekies te wees om vir die Ehlanzeni-rugbyspanne in Oktober te speel.

Agt seuns van Laerskool Malelane en vyf van Komatipoort Akademie was gekies vir die Ehlanzeni-spanne.

Vir die o. 11- Ehlanzeni Rhinos-span was Luan Small van Laerskool Malelane en Gerrit du Plessis van Komatipoort Akademie gekies. Franco Botha, Alex Matthee, Kevin Forssman, Makholo Mathebula en Kesha Moore van Malalane was gekies om te speel vir die o. 11- Ehlanzeni Buffels-span. Roux Elof en Ian Lourens van Komatipoort sal hulself in dieselfde span bevind.

Bryan Joubert en Siegwan van Dyk van Komatipoort Akademie. Foto: Christn Engelbrecht

Die o. 12- Ehlanzeni Rhinos-span het Siegwan van Dyk van Komatipoort Akademie gekies om vir hulle te speel. Bryan Joubert van Komatipoort was saam met Robroy MacGregor en Divan Rossouw van Malalane gekies om vir die o. 12- Ehlanzeni Buffels te speel.

Roux Elof, Ian Lourens en Gerrit du Plessis van Komatipoort Akademie. Foto: Christn Engelbrecht

LEES OOK: Nuwe kameras help om die Malalane-omgewing te beveilig

Die eerste dag van wedstryde gaan op Saterdag 16 Oktober in Middelburg gespeel word. ‘n Tweede dag vir wedstryde gaan op Saterdag 23 Oktober by Hoërskool Nelspruit gehou word, en op Saterdag 30 Oktober speel die spanne op die velde van Hoërskool Ligbron.

Die Mpumalanga Laerskole Rugbyvereninging het al die spelers wie vir die spanne gekies is, gelukgewens.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button