Komatipoort Akademie heet sy nuwe leiers vir 2022 welkom
Komatipoort Akademie het sy hoërskool en laerskool se nuwe leerderrade aangekondig.
Die hoërskool se leerderraad is al vroeg in September deur die skool aangekondig. Daar is egter nog geen hoofleiers gekies nie. Die hoërskoolleerders gaan eers volgende jaar gaan kamp voordat die hoofseun en -dogter gekies word.

LEES OOK: Bietjie fees, maar gróót gees
Die laerskoolleerders is op Vrydag 5 November aangekondig. Wessel van Wyk en Kari Bekker is hoofseun en -dogter, en Bryan Joubert en Levai Lee onderhoofseun en -dogter.

LEES OOK: Inwoners rol self moue op
Die onderwysers sê die leerders is gereed om ‘n goeie voorbeeld vir die res van die skool te wees, en dat hulle na die uitdagings uitsien.

Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
