Groot verbeterings vir Henk van Rooyen Park
Dit was moontlik vir die Henk van Rooyen Park om uit te brei soos die Covid-19-inperkingsvlakke deur die jaar verlaag het.
Vandat JJ Janse aangestel is as die park se oordbestuurder, het hy en die twee eienaars groot planne gemaak om dit te verbeter.
Johan Naudé en Theo Beuckler is die twee trotse eienaars en hou vele hoop vir nuwe moontlikhede daarvoor. Janse en Naudé kom gereeld bymekaar om beplanning te maak vir hierdie uitbreidings.

Die park het einde Julie sy eie koffiewinkel en kiosk oopgemaak. Vroeg Oktober is die nuwe jukskeibane gebou en daar word beplan om die huidige tennisbaan nie net reg te maak nie, maar ook voor die begin van die Desembervakansie in ‘n tennis- en korfbalbaan te omskep.
LEES OOK: Inwoners rol self moue op
Die doel van die park is om ‘n een-stop-vakansieoord te wees vir die besoekers aan en die inwoners van Marlothpark, om geleenthede te skep om hulle besig te hou in hulle vrye tyd. “Ons wil dinge goedkoop hou sodat die mense gemaklik by ons kan voel en op ons kan staatmaak wanneer hulle pret vir min nodig het,” se Janse.
Hy wil pensioenarisse aanmoedig om groepe te begin wat kan saamkuier en die aktiwiteite by die park kan geniet.
Vandat Janse die vlooimark gereël het, het die park veel meer belangstelling geniet en dit het hulle aangemoedig om meer vir besoekers en inwoners te bied.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
