Landsdiens hou boeresportdag
Die Landsdienspersoneel het 'n boeresportdag op die sportvelde van Laerskool Numbi op 27 Oktober gehou.
Die gr. 1- tot 7-leerders het aan Landsdiens-aktiwiteite deelgeneem, en elke graad het vriendskaplik teen hulself gespeel.
Elf onderwysers en 250 Landsdiens-leerders het almal die middag geniet. Hulle het die verskillende boeresportkompetisies aangepak, onder andere kruiwaresies, aartappelresies, waterresies, toutrek, sakresies en a minute to win it-uitdagings.

LEES OOK: Bietjie fees, maar gróót gees
“Die doel van die dag was om die kinders en onderwysers te toets hoe hulle mekaar help en ondersteun, so geen wenners is aangekondig nie,” het Nokka Ferreira van Laerskool Numbi gesê.

‘n Lofprysing is vir 12 November vir die Landsdiens-leerders en onderwysers gereël, en gaan alle belangstellendes die geleentheid bied om hul dankbaarheid uit te beeld.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
