Zea Prinsloo ‘n tree nader om haar groot droom te verwesenlik
Zea Prinsloo was een van 'n aantal kinders wat gevra is om deel te wees van 'n leesprogramvideo wat vroeg Oktober op YouTube uitgesaai is.
Dit was altyd Zea se droom om haar eie YouTube-kanaal te begin vandat sy dié sosiale mediaplatform ondek het.
Die negejarige is deur die Ek kan lees-program gestig deur Magda Ehlers, die eienaar van I Can Pleasant Memories for Educators, genooi om in die video te lees en te verduidelik.
LEES OOK: Bietjie fees, maar gróót gees
Sy het die geleentheid gekry om haar gesig en talent vir lees voor ‘n kamera te toets.
Daar was vir haar gesê wat sy moes lees en verduidelik, en sy het ‘n week gehad om voor te berei. Die video bemark die leesprogram wat Ehlers verkoop.
Die gr. 1-onderwyser van Laerskool Numbi, Cerina Bezuidenhout, het Zea aan die leesprogram voorgestel en sy het met alle hoop en geluk die geleentheid aangegryp.
LEES OOK: Inwoners rol self moue op
Zea se ma, Nicolene Prinsloo, het bygevoeg dat sy al aan die werk is om haar eie doen-dit-jouself video’s te maak wat sy op haar YouTube-kanaal wil uitsaai. Zea pak haar droom al van ‘n jong ouderdom aan en werk hard om haar doel te bereik.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
