Kleuterskole hou hul pretdag op ’n kleurryke wyse
Die gewildheid van poeierkleur-pretdae neem steeds as gesellige gesinspret toe.
Lezanne Brink, eienaar van die Turning Tides Montessori Kleuterskool, het op Saterdag 30 Oktober die kleuterskole van die dorp genooi om aan ’n minikleurwedloop deel te neem.
Die ander skole was Klopkloppie Kleuterskool, Peek-a-Boo Kleuterskool, Lydenburg Laerskool se preprimêre afdeling, Cannosia, Abacus, Tina Cowley Leersentrum, Rosemarie Middleton Dance Studio en Stimuzone.
Dit was gou duidelik dat dit nie sou deug het om met skoolklere te probeer huis toe gaan nie en met die uitnodiging het Brink aanbeveel dat die kleuters ou klere aantrek.
Sy bedank Lodge Laske Nakke wat hul fasiliteite vir die pretdag beskikbaar gestel het, asook al die borge wat die pryse geskenk het.
Die skool hoop om hierdie byeenkoms ’n jaarlikse instelling te maak.







Lees hier: Baba Ayden se naastes vier sy eerste verjaardag
