Local newsNews

Terugslag vir baba Ayden na drie weke tuis

Vanuit die intensiewesorgeenheid by Nespruit Mediclinic het Estelle van Niekerk moeg geklink.

Dit was ‘n lang nag en dag nadat die eenjarige Ayden van Niekerk op Sondag 21 November daar opgeneem is.

Ayden het Sondagoggend begin bloed opbring en die familie het self met hom deurgejaag na Mbombela.

Hy het steeds ‘n voedingsbuis in sy maag gehad nadat hy uit die Netcare Garden City Hospitaal in Johannesburg op Woensdag 27 Oktober ontslaan.
“Die dokters dink die voedingsbuis het ‘n infeksie en miskien is daar ook ‘n maagseer wat bloei. Sy infeksietelling is hoog, en die pediatriese spesialis sal vir ons meer inligting gee sodra die toetsuitslae beskikbaar is,” het Van Niekerk gesê.

Ayden se ontslag uit Netcare het die familie se vreugdevure hoog laat brand. Hy was net betyds tuis vir sy eerste verjaardag op 1 November.

Ayden van Niekerk, pas terug by die huis op Woensdag 27 Oktober.

Ayden het op Donderdag 6 Mei ophou asemhaal en is per helikopter van Lydenburg na die Netcare Garden City Hospitaal in Johannesburg gevlieg. Die dokters het hom met hipoksie van die brein gediagnoseer. In leketaal is dit ’n toestand waar die brein nie genoeg suurstof kry nie.

Gebede stroom steeds daagliks via WhatsApp-groepe en sosiale media vir Ayden in. Hy staan bekend as die “klein vegtertjie”.

Lees ook: Nóg 150 emmers vir behoeftiges is die doel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button