Ballerinas vaar goed tydens danseksamens
Trinette Joubert is van kindsbeen af ’n kranige balletdanseres.

Sy leef steeds haar passie vir die dansvorm uit deur klein ballerinas by die Trinette’s Ballet Academy te help vorm. Die ballerinas het op Woensdag 26 Januarie hul pragtige medaljes gedra vir ’n fotosessie na hul sukses by die danseksamens van die Suid-Afrikaanse Dansakademie verlede jaar. Joubert het gesê ballet is ’n stewige fondasie vir enige dansstyl en dat die dissipline en grasie wat kinders leer, lewenslank by hulle bly.
Nadine Botha het haar eerste groot eksamen afgelê en ’n onderskeiding in die intermediêre fase ontvang. Behalwe die balletklasse in Lydenburg, het Joubert ’n dansakademie in Mbombela ook. Vir meer inligting, skakel haar by 083 650 5379.
Lees ook: Kruise van Engelse grafte uit Boereoorlog gesteel



