Bekende fiksheidsinstrukteur van Mbombela met mes in maag gesteek
Jannie Ferreira (39) is na bewering drie keer met 'n mes in die maag gesteek.
‘n Bekende fiksheidsinstrukteur van die stad sterk in die Mediclinic Nelspruit aan nadat hy in die vroeë oggendure van Dinsdag met ‘n mes in die maag gesteek is.
Jannie Ferreira (39), ‘n voormalige werknemer van Virgin Active wat deesdae by Reboot Health and Fitness as instrukteur werk, het omstreeks 02:00 sy vrou, Bianca, wakker gemaak om te sê hy hoor ‘n lawaai in die tuin waar in hulle in Percy Fitzpatrickstraat woon.
LEES OOK: N4 accident claims life of truck driver
Jannie is na buite om ondersoek te gaan instel. Bianca het kort daarna gehoor hoe Jannie skree en in ‘n stryery met iemand betrokke was.
“Hy het gegil en ek kon hoor dat hy met iemand slaags geraak het,” sê Bianca. Sy was te bang om na buite te gaan en het na hom geroep. Hy het aangestap gekom en sy het bloed aan sy hemp gesien. ‘n Ambulans het hom na Mediclinic toe geneem.
“Hy is pas na die teater toe dat hulle vas kan stel of hy enige inwendige beserings opgedoen het,” sê sy.
LEES OOK: Grade 12 learner discovers abandoned newborn in Bushbuckridge
Die polisie het die voorval bevestig en gesê dat ‘n saak van poging tot moord ondersoek word.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie, en Laevelder sal sy lesers op hoogte hou.
