Local newsNews
Wintersport teen Ben Viljoen skop seisoen af
Kookwaterrugby het vir die winterseisoen afgeskop toe twee top skole mekaar die stryd aangesê het op Saterdag 5 Maart.

Op Saterdag 5 Maart het die eerste wedstryde van die wintersport teen Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal by Hoërskool Lydenburg plaasgevind. Die spanne was slaggereed om weer na die besige atletiekseisoen, netbal en hokkie aan te durf. Die rugbyuitslae was soos volg: eerste span verloor 29-15, tweede span 17-7, o. 16 verloor 36-3, o. 15 wen 29-0 en die o. 14 wen 20-19. Die netbaluitslae was soos volg: Eerste span verloor 15-20; tweede span wen 16-11. Die o. 16A wen 15-10, o. 16B verloor 3-11, o. 15A wen 18-0, o. 15B wen 14-0, o. 14A verloor 8-11 en o. 14B verloor 1-2.
Lees ook: President Kruger en die akkerboom
Foto’s: Jean-Marie Heyns, Hoërskool Ben Viljoen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






