Local newsNews

Lydenburg Gholfklub kroon sy bestes tydens kampioenskappe

'n Naweek van groot gholf was dit gewis toe spelers mekaar die stryd by die Lydenburg Gholfklub aangesê het.

Op Saterdag 12 en Sondag 13 Maart het gholfspelers landswyd hul onderskeie klubkampioenskappe gehou. Dit is tradisioneel Suid-Afrika se groot gholfnaweek vir klubs. Die algehele nettowenner is Kobie Pruis en die algehele manskampioen is Jaco Coetser.

Die afdelings word in gros- en nettopunte verdeel sodat al die spelers op gelyke voet kan speel, ten spyte van hul gholfvoorgeë. Die beste speler vir die groep met ‘n 10-17-voorgee, is Pruis. Vir die groep met ‘n voorgee van 18-36, het Frans van Niekerk die beste gespeel. Beide hierdie spelers het die klub se wisseltrofeë gewen. Die naaste aan die pen was Diaan Lombard, Kerneels Muller en Zorn. Die nettowenners was Christiaan Willemse (A-afdelingwenner), Zorn (B-afdelingwenner), Frans van Niekerk (C-afdelingwenner).

Lees ook: Doebai se loopplanke roep 16-jarige

Eileen Horak is die dameskampioen en Wilma Griesel en Mariëtte Laas was kort op haar hakke. Die wenners van die beste putjiespel was Jaco Coetser, Thys Cronje en Kallie Erasmus. Muller was die A-afdeling se groswenner, Cronje het as die B-afdeling se groswenner uitgetroon en Spyker de Beer was die C-afdeling se groswenner. “Ons as klub wil graag al die spelers bedank. Die gholfbaan is in ‘n puik speeltoestand, danksy Sybrand de Fortier en sy span.

Boonop het ons ‘n uithalerspan wat die heerlikste kos maak. Dankie aan die borge vir die klubkampioenskappe: Westvaal Lydenburg/Mashishing, Zizwe, McGee Ford Lydenburg, Longtom Turf & Timber en Lion Valley Fuel Depot,” het Coenie du Preez, van Lydenburg se gholfklub, gesê.

Lees ook: Hoërskool Lydenburg se hoof neem sy eerste jaar in oënskou

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button