Local newsNews

Ruim skenking vir Nelspruit DBV ter viering van groot kontrak

Dié man het 'n belofte gemaak dat as hy 'n kontrak waarvoor hy al lank wag, loslaan, hy van die geld sal gebruik om kos aan die DBV te skenk.

‘n Plaaslike sakeman het ter viering van ‘n groot kontrak, sy belofte om R10 000 se kos aan Nelspruit DBV te skenk, onlangs oortref. Quentin Hamel, wat al vir 28 jaar by Q&H Maintenance and Steelworks werksaam is, en homself as geseënd en gesond beskou, het homself, sy vrou, kleinkinders en die Here belowe dat as hy dié kontrak waarvoor hy al so lank wag, loslaan, hy R10 000 se kos aan die DBV sou skenk.

LEES OOK: Ondersteun Rusoord Lydenburg met sy witolifantverkope

Hy het egter op die ou einde sy hand nog dieper in sy sak gesteek en Vrydag R14 000 se kos by die vereniging gaan aflaai. Sy vrou en kleinkinders was Vrydag saam met hom by die DBV. Die liefde vir diere is by almal tasbaar. So klein as wat hulle is, het die kleinspan gehelp om die swaar kos in te dra.

Mienke, Zanel en Liam Hamel.

“Ons het ‘n passie vir diere, ons hele lewe lank al. My kleindogter, Zanel, is die een met die grootste passie. Haar lewe draai om diere. Die diere is daar, jy weet, en hulle vra nie om daar te wees nie. ‘n Dier kan nie praat nie en ‘n dier kan nie vra nie, so hoekom nie help nie? “R150 van die kleintjies se sakgeld is ook aan die skenking bestee, so hulle het ook bygedra – dis ‘n familiespanpoging.”

LEES OOK: Gewilde sanger verfilm musiekvideo by Mustangs

Klein Zanel sê die katte is haar gunsteling. “Ek hou van katte die meeste. Hulle is so cute!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button