Sewe jaar en 1 967 diere gered
Op die oomblik sorg Home4Paws vir amper 100 diere honde wat verwaarloos in die strate opgetel is in die groter Lydenburg area.

Met sewe jaar agter haar naam by Home4Paws, het Cathy Schutte boekgehou van al die reddingspogings en vierpotiges wat al deur die skuiling gehelp is.
Die aantal honde en katte vir wie sy ’n tweede kans op die lewe gegee het, het op Maandag 4 April op 1 967 te staan gekom.
Lees ook: Rooikatte draf Ratels kaf
Schutte se passie vir diere het daartoe gelei dat sy die skuiling begin het en verdwaalde en mishandelde honde ingeneem het.
Op die oomblik sorg Home4Paws vir meer as 60 honde wat verwaarloos in die strate opgetel is, of dié wie se eienaars hulle net langs die pad afgelaai het.
Afgesien van hondekos, het die skuiling nou ’n dringende behoefte aan komberse, aangesien winter om die draai is.
Alle Home4Paws-honde word voor aanneming ingeënt en gesteriliseer.
Om een van hierdie lieflike vierpotige vriende aan te neem, of hulle vir ewig huis toe te neem, skakel Schutte by 082 462 5754.
