Local newsNews

Boer ly onder veestropers

Die feit dat sy plaas op die Frischgewaagd- en Mosterthoek-pad geteiken is, het ’n boer genoop om ander boere in die omgewing teen veestropers en -diefstal te waarsku.

Hy het Maandag 11 April op ’n verskalf afgekom wat reeds afgeslag was.

Die buurplaas het kool op die lande en die beeste laat nie ’n geleentheid verbygaan om toegang te kry nie. Hy is oortuig dis waar die veediewe sy beeste met met ’n trop jaghonde ingewag het.

“Die enigste manier wat veediewe ’n bees op so ’n manier kan slag, is met honde. Want daar is nie ’n manier dat jy ’n bees se nek met ’n eerste slag so kan oopkap nie. En die enigste manier om ’n verskalf op een plek te hou, dat sy nie weghardloop nie, is met honde wat haar in ’n hoek indruk.

Lees ook: Uithaleraksie by Laerskool Lydenburg

“Behalwe veediefstal het ons groot las van die gemeenskap wat in die nag mielies en koolkoppe steel. Hulle loop ook oor ons grond en maak die hekke nie weer toe nie. Op die karkas kan jy sien dat stukke vleis sommer deur die heining geryg is. Daar is geensins bene van die agterkwart oor nie. Dit is gewoonlik die eerste vleis wat veestropers vat as hulle slag. Ek wil hê ons moet almal op ons hoede wees, veral oor die komende langnaweke,” het hy gesê.

Hy het aangedui dat hy die saak teen Dinsdag nog nie by die Lydenburg SAPD aangemeld het nie, maar dat hy van plan was om dit later die dag te doen. Die Lydenburg-polisie het gesê alle sake van veediefstal word aan die Middelburg Veediefstaleenheid oorgedra vir verdere ondersoek.

Die Frischgewaagd- en Mosterthoekpad grens aan die Steenkampsberge. Dit is ’n konneksie tussen die R37 (Burgersfortpad) en R540 (Roossenekal-pad).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button