Local newsNews

Komatipoort Stoeiklub se nuwe wildehonde skop seisoen af

Die nuwe stoeijaar vir die Komatipoort Stoeiklub se studente het op 9 April met 'n uitdaging by die Mpumalanga Stoeivereniging se Pumatjie- en Beginnerskampioenskappe in Secunda begin.

Die seuns was op 6 April as die stoeiklub se wildehonde aangekondig en het reeds op 9 April aan hul eerste kompetisie vir die seisoen in Secunda aan die Mpumalanga Stoeivereniging se Pumatjie- en Beginnerskampioenskappe deelgeneem.

Die entoesiastiese stoeiers was opgewonde toe hulle as die nuwe wildehonde aangekon-dig is en hul uitrustings ontvang het. Sewe stoeiers het vir die Pumatjie-kampioenskappe ingeskryf en agt het aan die beginnerafdeling deelgeneem.

LEES OOK: Vlooimark in Marloth Park duur amper twee weke lank

Vyf van die deelnemers, Ethan Vermaak, Nathan Koedyk, Xander Koedyk, Leo Barlow en Daniel Lugar het hul eerste knopie vir die dag gekry, terwyl Landon Steyn sy tweede knopie ontvang het. Die seuns het elkeen ‘n skild ontvang wat hulle saam na elke Pumatjiekompetisie moet neem. Hierop kom die knopie wat daardie dag aan hulle toegeken word.

By die beginnerafdeling het die o. 6-en o. 8-seuns medaljes vir hul deelname ontvang. In die hoër ouderdomme het Barend de Beer en Landon Steyn goue medaljes ontvang. In totaal was daar 20 wedstryde waaraan die stoeiers deelge-neem het, en waarvan nege gewen is.

“Ons is tans besig om die klub op te bou en wil graag nuwe stoeiers kry. Ons is ‘n klein klub, maar ons groei elke maand. Ons komitee bestaan uit vrywillige ouers wat bereid is om hul tyd af te staan. Die verandering in die kinders se selfvertroue motiveer ‘n mens om die klub te vergroot,” het die hoofafrigter, Basjan Kok, gesê.

LEES OOK: Boer ly onder veestropers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button