Local newsNews

Eind goed, als goed ná knie-operasie

Te danke aan die gemeenskap het Gert Hawkins uiteindelik die knievervanging gekry waarvoor hy jare lank al hoop.

Ná sy knievervanging het hy maar nog pyn, maar die vooruitsig om vir die eerste keer in byna vier en ‘n half jaar te kan loop, maak dit die moeite werd. Lede van die gemeenskap het hierdie operasie op 11 April by Busamed Laeveld Privaat Hospitaal vir Gert Hawkins (63) moontlik gemaak.

Sy regterbeen is ongeveer 10 jaar gelede bokant die knie geamputeer, ná ‘n onsuksesvolle knievervanging. Voor die linkerbeen se operasie kon hy dié glad nie heeltemal reguit maak nie. Hy was weens hierdie gebreke aan ‘n rolstoel gebonde.

Gert Hawkins.

Elaine Blignaut het die eerste keer vir Hawkins by Courtside SPAR se verkeerslig gesien waar hy in sy rolstoel gesit het. Sy het met hom in verbinding getree, sy storie uitgevind, en saam met die Round Table White River 64 die befondsing vir sy operasie verseker.

LEES OOK: Kaapsehoop in rep en roer oor Mathys Roets se eersdaagse optrede

Tydens ‘n besoek aan Hawkins in die hospitaal hierdie week het hy aan Blignaut gesê hy gaan sommer die rolstoel skenk sodra hy heeltemal gesond is. Dit was ná sy gespot het en gesê het hy moet die rolstoel sommer raam.

Gert Hawkins.

Nou, ná alles klaar is, is dit maklik om terug te kyk en bloot dankbaar te wees, maar, soos enigeen, was hy maar vooraf op sy senuwees. “Ek was bang gewees en al daai goete, maar ek het dit omgedraai; los dit net in Sy hande, Hy weet wat om te doen.”

LEES OOK: Boer ly onder veestropers

Hawkins moet nou mooi gesond word en dan die volgende stap aanpak – ‘n’n prostese vir sy regterbeen. Dié is gelukkig ook reeds voor gesorg. Hy sê die loop sukkel nog effens, en hy voel soos ‘n ou man wanneer sy arms skud, maar hy is vol moed vir die herstelproses wat voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button