Local newsNews

Die #GoeieGons-nominasies is in, nou wag ons

Die plaaslike fotograaf, Johan Orton, vind op 13 Mei uit of hy die wenner in sy kategorie van dié Solidariteit-kompetisie is.

Suid-Afrika het sy keuses gemaak en die stemlyne is nou toe; al wat nou oorbly is om te wag en sien of een van die Laeveld se eie fotograwe met ‘n #GoeieGons-toekenning gaan wegstap. Johan Orton is genomineer in die fotografie-afdeling van dié Solidariteit-kompetisie en het dit tot die finalistekategorie gemaak.

Die publiek het tot 22 April kans gehad om vir hul gunstelinge in al die kategorieë te stem.

LEES OOK: Vier Komatipoorters woon SA Tweekamp by byTweekampbyeenkoms in Gqeberha

Nou hou Laevelders duim vas dat Orton op 13 Mei as die wenner in sy kategorie aangekondig sal word. Die wenner in elke afdeling ontvang R2 500, ‘n geskenkpak, mediablootstelling, ‘n trofee en ook ‘n BBP-uitnodiging na ‘n glansgeleentheid later vanjaar.

Die paneel beoordelaars kyk na kunstigheid, vaardigheid, kreatiwiteit, oorspronklikheid en detail om die wenners te bepaal.

LEES OOK: Hier is Mpumalanga se semifinaliste vir Kwêla se Dorp van die Jaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button