Local newsNews

Vlammies stap weg met merietetoekennings

Dié talentvolle leerders het op verskeie sportgebiede presteer.

Hoërskool Bergvlam het op 14 April sy merietetoekennings vir die eerste kwartaal se deelname en prestasies oorhandig. Die geleentheid is deur Louise Fullard (departementshoof Afrikaans, en ook die nasionale wenner van die Teachers Awards 2020) gelei.

Elmarie Bothma, departementshoof Engels, het met Skriflesing en gebed geopen, waarna die hoof, Deon Visser, die leerders met ‘n bemoedigenede boodskap toegespreek het, dat ons elkeen talente ontvang het om op sy eie gebiede te kan presteer.

LEES OOK: Hier is Mpumalanga se semifinaliste vir Kwêla se Dorp van die Jaar

Aletia du Toit het die gr. 8-, 9- en 10-leerders uitgeroep, terwyl Antoinette Kuperus met die oorhandiging gehelp het. Talita Venter het op haar beurt die gr. 11-leerders uitgeroep en Laura Oosthuyzen die gr. 12’s.

Die leerders wat per graad uitgestaan het, was soos volg:

• Elbé Janse van Vuuren, gr. 8, ontvang spankleure vir atletiek as o. 14 victrix ludorum
• Olwethu Nkosi, gr. 8, ontvang spankleure vir atletiek as o. 14 victor ludorum
• Lindelwa Mathebula, gr. 9, ontvang spankleure vir atletiek as o. 15 victor ludorum
• Samkeliiwe Sithole, gr. 9, ontvang spankleure vir atletiek as o. 15 victrix ludorum
• Milde Cronje, gr. 10, ontvang kleure vir atletiek, interhoër, drie brons vir 800 m, 400 m, aflos, ASA +600 Top 10 Atleet, asook spankleure vir atletiek as o. 16 victrix ludorum
• Cian Maritz, gr. 10, ontvang spankleure vir ateltiek seuns o. 16 victor ludorum, asook erekleure vir atletiek, interhoër, twee goud vir diskus en spiesgooi, asook brons vir gewigstoot, ASA +650
• Thando Maseko, gr. 11, ontvang die meriete vir drie jaar deelname aan krieket, kleure vir eerstespankrieket, meriete vir drie jaar deelname aan atletiek, kleure vir brons 200 m, ASA +650, spanklere as o. 17 victor ludorum en spankleure vir krieket as kolwer van die jaar vir die eerste span
• Sphumelele Madonsela, gr. 11, ontvang meriete vir drie jaar deelname aan krieket, kleure vir atletiek as Top 10 Atleet en ASA +650, asook erekleure vir krieket as provinsiale spanlid
• Simon Bhila, gr. 12, ontvang meriete vir drie jaar deelname aan interhoër, kleure vir atletiek, ASA +650, en spankleure vir o. 19 victor ludorum
• Suhail Patel, gr. 12, ontvang spankleure vir krieket as bouler van die jaar vir die eerste span, erekleure vir eerste span, asook erekleure vir kaptein van die eerste span.

Olwethu Nkosi.
Simon Bhila.
Suhail Patel.
Cian Maritz.

LEES OOK: Komatipoort Voortrekkers herleef lydensweg simbolies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button