Local newsNews

Gewilde sangers tree op by die Watervalsrivier Sitrus Kuierfees

Laat die wiele rol na die Watersvalsriviervallei tussen Lydenburg en Burgersfort en hou saam fees.

Die Watervalsrivier Sitrus Kuierfees vind op Saterdag 28 Mei by die Watervalsrivier CVO Skool plaas.

Dirk van der Westhuizen, Irene-Louise van Wyk en Appel is van die groot name in die musiekbedryf wat gaan optree.
Lydenburg se eie Nicolene Breytenbach gaan ook op die verhoog te siene wees.

Foto’s: Facebook.

Hope kindervermaak, heerlike kosstalletjies, ‘n biertuin, karaktergesigverf vir kinders en vele meer is op die agenda. Boonop gaan Zippy die Nar sy opwagting maak.

Die toegangsfooie vir volwassenes is R200, laerskoolkinders en pensioenarisse is R100. Daar is ’n geleentheid vir entrepreneurs om uit te stal, maar die kosstalletjiekwota is reeds gevul.
Skakel Magdel by 083 744 8558 vir meer inligting.

Lees ook: Bekende skrywer stel op Moedersdag haar boek in Mbombela bekend

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button