Elf kleuterskole geniet sportdag propvol aktiwiteite
Kleuters van altesaam 11 kleuterskole het op Saterdag 14 Mei aan 'n sportdag op Hoërskool Lydenburg se velde deelgeneem.

Doodlebugs Kleuterskool het hierdie jaar se sportdag georganiseer, en hulle bedank al die ondersteuners, ouers, personeel , die hoërskool, Cannosia Trading en Joe Diedericks van Provest. Die kleuters het hulself flou gespeel, resies gehardloop en met sandsakke teiken gegooi.
Lees ook: Voëls van verskillende vere pronk by i’langa Mall vir sierduifskou

Daar was baie aktiwiteite op die veld. Boonop het Mickey en Minnie Muis op Lydenburg kom kuier. ’n Foto saam met hierdie twee geliefde Disney-karakters was vir almal ’n groot trekpleister. Die deelnemende skole was Acacia Montessori Preprimêr, Peek-a-Boo Kleuterskool, Woelwaters Kleuterskool, Kinderland Kleuterskool, Purple Pepper Kleuterskool, Klopkloppie Kleuterskool, Babbelkousies Kleuterskool, Geni’s Preprimary School, Lydenburg Pre-Primêr en Turning Tides Montessori Kleuterskool.











































