Local newsNews
Hou saam kermis by Rusoord
Die Rusoord Tehuis vir Bejaardes hou op Vrydag en Saterdag 24 en 25 Junie sy groot jaarlikse kermis in Lydenburg.

Produkte word die Vrydagaand en die Saterdagoggend te koop beskikbaar gestel. Rusoord se inwoners het altyd ‘n vleistafel met baie spesiale pryse en groente en vrugte vars van die plaas af. Die tantes bak koekies, jafels en maak outydse basaarpoedings.
Lees ook: Van muskadel tot muskapino by Lydenburg Wyngilde se proe
Dit is maar net ‘n paar lekkernye wat daar te smul sal wees.
Merk solank hierdie datums in jou dagboek.
Buite-uitstallers word ook uitgenooi om stalletjies op te rig.
Rusoord se kermisse is altyd ‘n fees en ‘n heerlike saamkuiergeleentheid vir die hele dorp. Skakel Andrea by Rusoord by 013 235 2146 vir meer inligting.
Lees ook: Gewilde sangers tree op by die Watervalsrivier Sitrus Kuierfees
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
