Local news
Skare gaande oor Elandré se optrede in Mbombela
Die plaaslike kuierplek, Mustangs, het dié geliefde kunstenaar onlangs verwelkom.

Of Elandré se waardering vir die skare, of hulle waardering vir hóm die meeste was, weet ‘n mens nie, maar dié kunstenaar was beslis ‘n gunsteling in Mustangs – The Dancing Place se stalle.
Dit was nie lank nie, toe verruil die mense die gemak van hul sitplekke vir die dansvloer – óf om vir Elandré van nader te bekyk en video’s te neem, óf om saam met ‘n maat danspassies uit te haal.
LEES OOK: IN FOTO’S: Twee dae van pret en plesier by Innibos Buitelug Familiefees
Elandré was nog nie baie in die Laeveld nie, maar sê hy sal enige tyd weer terugkom.












At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
