Local news

Huis Betlehem ontvang ruim skenking van motorfietsklub

Die Big Five HOG Chapter het Huis Betlehem onlangs besoek om 'n tjek aan die huis se bestuur te oorhandig.

Lede van die Big Five HOG Chapter se motorfietsklub het Saterdagoggend (8 Oktober) van Mahindra Nelspruit af hul pad na Huis Betlehem gevind om ‘n baie welkome verrassing aan dié hawe van veiligheid te oorhandig.

Mariaan Lourens, die uitvoerende beampte van die Huis Betlehem-trust, het sommer as passasier saam met die klublede tot by die huis gery.

By Huis Betlehem aangekom, waar die kinders en die huismoeder hulle ingewag het, het Chris Enslin, die direkteur van die klub, ‘n tjek vir R35 000 aan Lourens oorhandig.

Die oomblik toe sy die bedrag sien, was sy skoon oorweldig en het sy die klub hartlik daarvoor bedank.

LEES OOK: Gholfdag samel nodige fondse vir Huis Betlehem in

Enslin het op sy beurt dankie gesê aan elke borg wat bygedra het om die klub se skenking moontlik te maak. Die fondse is tydens hulle jaarlikse rally in Kaapsehoop ingesamel, waar daar besoekers van so ver as Gauteng, die Vrystaat en Limpopo was.

Die Laeveld se paaie bly ‘n gunsteling onder baie motorfietsryers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button