Local news
Nog baie myle om in hierdie skoene te stap
15 sakke skoene vir STEP Foundation op Lydenburg.
Dit het haar wel ’n ruk geneem om 15 vullissakke vol skoene in te samel, maar vir Jada Hamman was dit meer
as die moeite werd.
Die skenking is op Woensdag 12 Oktober by die STEP Foundation afgelewer. Jada, ’n gr. 9- leerling, is deel van Hoërskool Lydenburg se Landsdiensklub. Sy het besluit dat skoene vir behoeftiges haar groot insamelprojek sou wees.
Die Landsdiensklub was deur die loop van die jaar by verskeie liefdadigheidsprojekte betrokke. STEP is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat etes en ondersteuning aan mense in nood bied.
Lees ook: Skare gaande oor Elandré se optrede

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
