Local news

Hoofleiers van Hoërskool Lydenburg aangewys

Skool trots op hul nuwe hoofleiers.

Tydens ‘n luisterryke funksie op Donderdag 20 Oktober, het die Hoërskool Lydenburg (LHS), die hoofleiers van 2023 aangewys.
Die hoofleiers is Hanco Barnard, hoofseun en Makanaka Chatikobo, hoofdogter.

Die onderhoofleiers vir kultuur is Llwellyn Oosthuizen en Boikano Lesufi.
Veels geluk aan die onderhoofleiers van sport Ntiyiso Nkanyani en Larischa Kelly.
Cornelius van Antwerpen en Mia Broodryk is onderskeidelik as onderhoofleiers vir akademie aangewys.

Lees hier: Skole neem met ywer deel aan geskiedenisherdenking in Lydenburg

Die res van die jeugraad bestaan uit: Mieke-Lee Bam, Mikeala Broekman, Larocelle Erichsen, Alicia Herselman, Margo Marx, Oratile Mohlala, Faith Morodi, Colleen Niemand en Abigajil WIlson, Darren Dicks, James Floyd, Sechaba Komane, Dimpho Makgamatha, Arno Marx, Handre Marx, Zafar Seepye, en J.J. van Niekerk.

Michael van der Merwe, skoolhoof, het sy trots uitgespreek teenoor die volharding wat hierdie leerders as leiers toon. Hy het genoem dat die jeugraad van 2023 leerders is om op trots te wees.
Hoërskool Lydenburg is die gasheer van die Laeveld Interhoër in 2023 en die skool is reeds besig om voorbereiding te tref. Hy het gesê hierdie hoofleiers is ‘n voorbeel vir die ander leerders en sal die leerders inspireer vir alles wat LHS in 2023 aanpak in sport, kultuur en akademie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button