Local news

IN FOTO’S: Mustangs ‘rock’ vir Laeveld se senior burgers

Seniors van die Mbombela-omgewing het onlangs gestalte gegee aan 'oud maar nog nie koud' tydens 'n Mustangs-bymekaarkoms.

Die Care Buddies, Lily Care en talle borge het saamgespan om op 21 Oktober ‘n spesiale dag vir die stad se senior burgers te organiseer.

Inwoners van Pumalanga, Herfsakker, Macadamia, Rubicon, Mataffin, Laeveldrus, Oranjezicht asook lede van die publiek was welkom by dié partytjie; en hulle het beslis nie op hulle laat wag nie.

Dit is die derde leer dat só ‘n geleentheid by Mustangs – The Dancing Place aangebied word. Vir hierdie ronde het 235 inwoners gekom en hul gate uit geniet.

LEES OOK: Skole neem met ywer deel aan geskiedenisherdenking in Lydenburg

Daar was ‘n jolige gedans en gekuier, wat die organiseerders laat voel het elke stukkie moeite was dit werd.

Die partytjiegangers is met burgers en slaptjips bederf, én oliebolle vir die soettand.

Daar was talle borge betrokke, sonder wie die dag nie moontlik sou wees nie. Die Care Buddies en Lily Care het diegene hartlik bedank en gesê hulle sien reeds uit na die Valentynsokkie van volgende jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button