Hittegolf tref SA, Mbombela ingesluit
Die huidige hoë temperature in Suid-Afrika kan toegeskryf word aan hoëdrukselle.

Die Laeveld, soos baie dele in die land, gaan tans onder ‘n hittegolf gebuk, en inwoners sal hulle moet staal vir dié toestande om vir ten minste nog ‘n week voort te duur.
Angelo Ricardo Hoorn, ‘n onafhanklike meteoroloog en spesialis in ramprisikovermindering, sowel as een van die stigterslede van die Severe Weather and Information Centre se Facebook-groep, verduidelik dat dié snikhete toestande toegeskryf kan word aan hoëdrukselle wat die weer oorheers, en gevolglik alle reëndraende sisteme versper. Dit blyk dus asof reën nie gou verligting gaan bring nie.
LEES OOK: SA’s Basson/Pienaar emerges from Saudi Arabia Empty Quarter in 7th position at Dakar 2023
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), asook die weerwebtuiste SAWX, voorspel hoë tot uitermatige hoë temperature oor die grootste gedeeltes van die land vir ten minste nog ‘n week, met min tot geen kans tot reën. Laevelders word gemaan om uiters waaksaam te wees vir wegholveldbrande.
Gemiddelde temperature van sowat 31 grade Celsius word voorspel, met die kwik wat in sekere dele tot 35 kan styg.

Hoorn sê die weertoestande word as ‘n hittegolf bestempel. Hy verduidelik dat om te bepaal of hittegolftoestande bereik word of nie, daar spesifieke kriteria is wat die SAWD op elke dorp of stad toepas. As die maksimum temperatuur die gemiddelde maksimum temperatuur van die warmste maand met vyf grade Celsius oorskry, en dit drie dae of meer voortduur, dit as ‘n hitegolf beskou word.
LEES OOK: Haasbekglimlaggies by Laerskool Nelspruit
Hoorn waarsku dat oormatige blootstelling aan die son verskeie gesondheidsrisiko’s soos dehidrasie en sonsteek inhou.
