Local newsNewsSchools

Vlammies verwelkom nuwe personeel

Kerse is aangesteek as simboliek vir dié onderwysers se nuwe begin as deel van die Vlammies.

Groot opgewondenheid heers in die personeelkamer van Hoërskool Bergvlam.

Twaalf nuwe personeellede is vir 2023 aangestel, waaronder ou bekendes van die Vlammie-korps en vier studenteonderwysers.

Oud-Vlammie Marisa Taljard (née Golding) sluit hierdie jaar by die Engelsdepartement aan en Quintin Taljard is terug in wiskunde s’n.

LEES OOK: Premier monitors first day of school in Tubatse

Monica van Wyk, self ‘n oudleerder van Hoërskool Bergvlam en ‘n voormalige studenteonderwyser, is aangestel om haar passie vir sosiale wetenskappe met die leerders te deel.

Celeste Oosthuizen, wat vroeër 11 jaar by Lowveld High School (LHS) werksaam was, sal lewenswetenskappe vir gr. 11 en 12 aanbied, terwyl Desiree Eksteen, ook van LHS, in die Afrikaansdepartement aangestel is.

Renaldi le Roux vorm deel van die besigheidstudies se departement, waar sy besigheidstudies, rekeningkunde en ekonomiese en bestuurswetenskappe sal aanbied, terwyl Danie Strydom hoop om sy stempel in die lewensoriënteringdepartement af te druk.

Zania Viljoen, nog ‘n ou bekende in die Vlammie-korps, is weer deel van die Engelsdepartement en sal spesifiek vir die seniors klasgee.

LEES OOK: Local newsNews 194 graadeens slaggereed vir Laerskool Lydenburg

Die nuwe studenteonderwysers wat by Hoërskool Bergvlam verwelkom word is Sumari van Staden, Ju-Mari Kunneke, Calvin Pullen en Desmond Maleka.

Die nuwe personeel en die terreinbestuurder, Brian Botha, het saam met die skoolhoof, Deon Visser, kerse aangesteek om die nuwe begin te simboliseer.

 
Back to top button