Local news

Bergvlam leer hul Sparkis ken

Bergvlam se Sparkis het onlangs hul vernuf op die atletiekveld gewys. Hulle Sparkifees is ook om die draai.

Van die oomblik dat die son op ‘n bitterwarm Saterdag in die Laeveld opgekom het tot dit weer gaan sak het, het die Vlammies hulle nuwe Sparkis leer ken.

‘n Graadvoog, Lindie Roux, het vir ‘n propvol program gesorg. Die Sparkis het hoog gespring, ver gespring, spies gegooi, gewig gestoot, diskus gegooi en natuurlik naellope gedoen.

Hierdie nuwe leerders wat binnekort ingehuldig sal word, het nie net aan atletiek deelgeneem nie, maar ook voorberei vir die geesvang wat een van die dae by die interhoër op hulle wag. Hulle het aan boeresport en spanbou deelgeneem, en is almal ‘n keer of twee deur die hindernisbaan.

LEES OOK: Adam Tas by vanjaar se Maroela Makiti

Daar is natuurlik ook geëet en weer geëet, en wéér, danksy die skool se eie MacVlammie wat hulle van heerlike etes voorsien het.

Teen die einde van die dag is daar ook aan die Sparkifees geoefen, wat op 26 Januarie om 18:00 op die paviljoen gehou gaan word. Hou gerus die skool se sosiale media dop vir besonderhede oor hierdie gebeurtenis.

Die dag is met ‘n braai vir die ouers afgesluit, waar almal sommer weer die hoof met sy verjaardag gelukgewens het.

“Ons is bitter trots op die feit dat ons Sparkis Bergvlam se waardes vandag uitgeleef het. Hulle het almal respek getoon, verantwoordelikheid geneem, en met trots en integriteit deelgeneem. Maar die belangrikste was dat hulle almal ubuntu uitgeleef het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button