Local news

Nuwe jaar, nuwe gesig in Laeveld se warm stoel

Niël Jacobs is die nuwe man aan die stuur by Laerskool Laeveld.

Niël Jacobs is in Desember as Laerskool Laeveld se nuwe hoof bekendgestel, en is vasbeslote om dié skool in 2023 tot nuwe hoogtes te lei.

Alhoewel die skoolhoofposisie vir hom nuut is, is Jacobs geen vreemdeling vir Laevelders nie. As tweedejaaronderwysstudent aan die Universiteit van Pretoria het hy in 2008 as proefstudent by Laerskool Laeveld aangemeld, en het daarna as ‘n studenteonderwyser by dié skool aangebly.

LEES OOK: Bergvlam leer hul Sparkis ken

Dit het slegs twee jaar geneem voordat hy in die finale jaar van sy BEd-studies sy eerste volwaardige kontrak as vakonderwyser geteken het, met sy eie registerklas.

Na ‘n kort afwesigheid en nuwe avonture, het die gange van Laerskool Laeveld hom in 2015 teruggeroep. Sedertdien het hy in verskillende posisies van die skool se beheer- en bestuurstrukture gedien.

As skoolhoof sit hy egter nou in die warm stoel, maar meen dat al wat jy moet doen is bereid wees om te leer. “As leier is en bly ‘n mens ten diepste feilbaar, maar as daar vertroue, eerlikheid en konsekwentheid tussen ‘n leier en sy ondersteuners is, word dit makliker om gedeelde leierskap uit te oefen en sodoende ‘n gesamentlike doelwit te bereik.”

LEES OOK: Parents fight for space in schools

Jacobs se lewensfilosofie is opgesluit in die prediker John Wesley se woorde, “Do all the good you can, by all means you can, in all the ways you can, in all the places you can, to all the people you can, as long as you ever can.” Hy hoop om met hierdie woorde ook sy stempel by Laerskool Laeveld af te druk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button