Dis weer tyd vir ‘n groot Fiëstá-opskop!
Ricus Nel en Snotkop besoek Mbombela vir NHS se Fiësta in Februarie.
By Hoërskool Nelspruit (NHS) is 2023 ‘n Fiësta-jaar!
Dit is ‘n groot gebeurtenis wat net elke vyfde jaar plaasvind, en daarom ook ‘n geleentheid wat hoërskoolleerders net een keer tydens hulle skoolloopbane sal beleef.
Hierdie jaar se fondinsameling word beplan om sonkrag- en onderrigfasiliteite in die klaskamers te verbeter. Alle fondse wat geïn word, word dus in belang van die leerders sowel as die omgewing aangewend.
Die eerste van hierdie fondsinsamelingsgeleenthede vind op 16 Februarie op NHS se sportgronde plaas. Daar gaan lekker sam met die kunstenaars, Ricus Nel en Snotkop, gesing en gedans word.
Kaartjies beloop R100 per persoon en is aanlyn by Quicket beskikbaar.
