Local news
‘n Nuwe hoofstuk vir Laerskool Bergland
Dr. JP Hugo, nuwe hoof by Bergland, se visie vir dié skool sluit 'n fokus op regverdigheid, konsekwentheid en aanspreeklikheid in.

Laerskool Bergland het 2023 met ‘n nuwe hoofstuk begin. Dr. JP Hugo is nou die nuwe skoolhoof aan die stuur.
Alhoewel Hugo ‘n Vrystater in murg en been is, het hy in 2011 die Vrystaatse vlaktes vir die Laeveld verruil toe hy die fondasie vir sy onderwysloopbaan by Laerskool Barberton gaan lê het. Hy het daarna by verskeie ander skole, insluitende Laerskool Laeveld en Nelspruit Primary, sy stempel gaan afdruk en is selfs tot die Suid-Afrikaanse Onderwysunie se provinsiale uitvoerende raad in 2019 verkies.
LEES OOK: Adam Tas by vanjaar se Maroela Makiti
Sy paadjie in die onderwys het hom egter hierdie jaar na Laerskool Bergland gelei.
Hugo se visie vir die jaar wat voorlê is om te fokus op regverdigheid, konsekwentheid en aanspreeklikheid by die skool. “Laerskool Bergland se leuse is ‘Bou op rots’. Die waardes wat ons die jaar as Bergland-gemeenskap saamstel, sal die rots wees waarop ons die skool se toekoms sal bou,” het hy gesê.
Verlede week het hy tyd gehad om sy voete by Laerskool Bergland te vind en is sommer ingelyf met ‘n vol dag van atletiek by die skool se interhuis. Hugo het slegs goeie dinge oor die beheerliggaam, bestuur en personeel van die skool te sê en bestempel hulle as ‘n wenspan.
LEES OOK: Nuwe hoof van Valke berei voor vir talle uitdagings
Indien hy eendag sou besluit om finaal sy stoel agter sy lessenaar in te skuif, sal Hugo graag wil hê dat elke persoon en leerder wat by Laerskool Bergland uitstap, kan terugkyk en sê hulle het behoort en hulle is erken.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
