Nelspruit Eisteddfod datums aangekondig
Hier is die datums vir 2023 se Nelspruit Eisteddfod, soos onlangs deur die organiseerders aangekondig.
Aandag alle kunsteliefhebbers, hier is ‘n datum vir jou kalender.
Na ‘n belofte van ‘n lekker groot eisteddfod in Mbombela vanjaar, is die datums so pas aangekondig: 24 Julie tot 8 Augustus, met die gala-aand op 15 September.
Die voorsitter van die eisteddfod, Verna Walters, sê hulle span is opgewonde om vanjaar weer ‘n volwaardige gala-aand aan te bied ná die vorige twee jaar se kleiner funksies, hoofsaaklik weens die Covid-19-pandemie.
LEES OOK: ‘n Nuwe hoofstuk vir Laerskool Bergland
“Ons is 45 jaar oud en ons gaan ‘n groot aand hou. Ons gaan dit heeltemal anders as ander jare doen,” sê Walters.
Inskrywings open op 17 Maart en sluit op 20 Mei.
Só lyk die datums wat op Nelspruit Eisteddfod se Facebook-blad geplaas is:

