Local news
Laevelders gaan nog ‘n rukkie moet vasbyt vir Ricus Nel en Snotkop
Hoërskool Nelspruit is gedwing om sy Fiësta-vertoning van 16 Februarie uit te stel weens die aanhoudende reën in Mbombela.
Hoërskool Nelspruit sou môreaand die kunstenaars Ricus Nel en Snotkop saam op die verhoog op sy sportgronde verwelkom het as deel van sy Fiësta-jaar se feesvieringe.
Die aanhoudende reën oor die afgelope week het die organiseerders egter genoop om die optredes uit te stel. Die veld is deurdrenk met water en laat hulle nie toe om die verhoog te kan bou nie.
“Ons beplan om die optrede in Augustus te hou, as hoogtepunt van die fiëstaweek,” het die skool gesê.
Konsertgangers wat reeds kaartjies gekoop het gaan nie hul geld verloor nie, en sal in Augustus die optredes kan bywoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
