Local news

Valentynbederf by Lydenburg Dienssentrum

Die dienssentrum is oop vir volwassenes van 60 jaar en ouer en nuwe lede is baie welkom. Daar word ook jukskei gespeel en vele ander aktiwiteite word aangebied.

Elke jaar word daar nuwe, vars konsepte uitgedink om die lede van die Dienssentrum vir Bejaardes op die dorp mee te bederf.
Op Valentynsdag het die lede gesellig met ‘n heerlike koppie drinkgoed saamgekuier en kon hulle ook aan ‘n verskeidenheid lekkernye smul.

‘n Bussie is een keer per maand beskikbaar wat die lede Mbombela toe neem vir geleenthede soos doktersafsprake of inkopies. Bespreek vooraf vir die bussie. Vir meer inligting, skakel die bestuurder, Shaunette Erasmus, by 013 235 3875.

Naomi van Niekerk en Christine Denner.
Koekie Hill.
Gé Reingruber, Annatjie Ackerman en Dorie van der Ley.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button