Elmadré Slaghuis se eienaar sterf
Rassie Strydom, die eienaar van Elmadré Slaghuis, is oorlede.
‘n Gehalte mens, ‘n groot boom in die Laeveld en ‘n man wat aan almal se harte en lewens geraak het.
Dit is maar ‘n paar beskrywings van Rassie Strydom.
Elmadré Slaghuis, waar Strydom die eienaar was, het op 27 Februarie die hartseer nuus dat hy twee dae tevore oorlede is, gedeel.
LEES OOK: Krokodil slaan toe op hengelaars in Barberton
“Dit is met leedwese dat ons in kennis stel van die ontydige afsterwe van ons dierbare eienaar, Rassie Strydom. Elmadré Slaghuis sal Woensdag 1 Maart van 11:00 tot 14:00 gesluit wees vir die begrafnisdiens.”
Strydom was beslis ‘n groot deel van die Laeveld. As jy ‘n herinnering van hom het, deel dit gerus hier op Laevelder se Facebook-blad.

