Local newsNews

Lydenburg poskantoor steeds gesluit na ontvoering en brand

Die polisie ondersoek sake van ontvoering, roof en brandstigting.

Brandskade het veroorsaak dat die Lydenburg Poskantoor tot verdere kennis gewing gesluit sal wees.

Op 9 Februarie het vier verdagtes die posmeester tussen 00:00 en 00:50 van sy huis ontvoer. Hulle het hom gedwing om die poskantoor in Voortrekkerstraat oop te sluit. Volgens sers. Cave Dikabane, moes die man die kluis oopmaak en etlike duisende rande is deur die verdagtes gebuit.

“Die rowers het daarna oral ’n vlambare vloeistof uitgegooi en die rekenaars, kantoormeubels en toonbanke is in puin gelaat. Die posmeester het brandwonde opgedoen en is vir behandeling na Lydenburg Hospitaal toe geneem. Hy het selfs na die brand by die polisiestasie om hulp gaan vra en die saak aangemeld,” het Dikabane gesê.  Geen arrestasies is gemaak nie.

Rekenaars, boeke en kantoormeubels is tot as verband.
Brandskade binne die gebou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button