Local news
IN FOTO’S: Mbombela se Rubicon-straatbraai uitspattig in wit en rooi
Februarie se maandelikse straatbraai by Rubicon het die maand van liefde se kleure goed uitgebeeld.

Wie sê jy kan nie opdrês vir ‘n braai nie?
Rubicon se maandelikse straatbraai het Februarie so ‘n ietsie ekstra gehad, aangesien dit die maand van liefde is.
Die inwoners van dié aftreeoord was mooi in hul rooi en wit op ‘n heerlike sonskynmiddag getooi. Die braai-organiseerders het weer vir Tom Jacobie gekry om die vermaak vir die dag te verskaf – dít op aanvraag van die inwoners wat sy musiek tydens ‘n vorige geleentheid so geniet het, dat hulle hom net weer moes sien.
LEES OOK: IN FOTO’S: BUCO Laeveld Interhoër 2023
Daar is gesing, gedans, gebraai en ‘n wyntjie geniet; wat ‘n heerlike Vrydagmiddag!












At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
