Local news

Tuindag vir Huis Betlehem goed ondersteun

Tuinentoesiaste het onlangs 'n praatjie deur Leon Kluge naby Witrivier geniet.

Ten spyte van die weer wat deels die aard van die geleentheid verander het, het gaste van Leon Kluge se praatjie dit steeds as ‘n interessante en leersame middag beskryf.

Kluge, ‘n bekende internasionale en plaaslike landskapargitek en -ontwerper, was op 25 Februarie by Arch and Arrow buite Witrivier vir Huis Betlehem se Garden Crawl.

Alhoewel die Garden Crawl toe nie juis enige kruipery deur Laeveldse tuine behels het nie, was die middag alles behalwe ‘n teleurstelling.

LEES OOK: Familie onthou Mbombela se slaghuislegende, Rassie Strydom

Diegene wat dit bygewoon het, het aandagtig na Kluge geluister toe hy oor internasionale tuinskoue in plekke soos Singapoer vertel het, en kon hulle boonop tussenin aan heerlike eetgoed smul.

Mariaan Lourens van Huis Betlehem sê: “Baie dankie aan elkeen wat die spesiale tuindag saam met ons geniet het.

“Ons waardeer jul bydrae aan Huis Betlehem.

“Dankie ook vir die terugvoer, ons is bly dat julle ook die dag geniet het!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button