Local news

Eerste atletiekdag vir hierdie woelwaters

Die Nellie Miere van Laerskool Nelspruit in Mbombela het met entoesiasme aan die eerste atletiekitems van hulle skoolloopbane deelgeneem.

Op Vrydag, 10 Maart, het die Nellie Miere met entoesiasme en geesdrif na Laerskool Nelspruit se atletiekbaan gestroom vir hul eerste atletiekdag.

Die jong atlete het aan die gewone atletiekitems soos verspring, hoogspring, spiesgooi, hekkies en naellope deelgeneem, maar hierdie items is darem aangepas om by hulle ouderdom en grootte te pas.
Die hoogspringlat is met ‘n tou wat deur ‘n swembadpyp geryg is vervang, die hekkies is tot sowat 15 cm bo die grond verlaag en stomp houtpaaltjies is vir die spiese gebruik.

Dié woelwaters het ook aan ‘n eierresies, klipgooi (in plaas van gewigstoot) en toutrek deelgeneem.

Die dag het nie soseer oor wen of verloor gegaan nie, maar om ‘n maksimum pret te hê. Die ouers was dalk selfs ‘n bietjie meer kompeterend as die kinders!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button