Local news

Laerskool Barberton gaan sy 120ste met oorgawe vier

Barbertoners en ander feesgangers kan 'n gholfdag, minihokkietoernooi en 'n formele maskerbal te wagte wees.

Laerskool Barberton, aan die voet van die Makhonjwaberge, is vanjaar 120 jaar oud.

Alhoewel daar sedert die vroegste ontwikkeling van die dorp reeds in 1897 onderrig plaasgevind het, is die amptelike hoeksteen van die skool eers in 1903 onthul.

Laerskool Barberton is een van die oudste skole in die Laeveld.

LEES OOK: Airlink Pumas dig deep to defeat Fidelity ADT Lions at Mbombela Stadium

Voor 1897 was daar verskeie privaat skole op die dorp, maar dit is nie duidelik wanneer die eerste staatskool geopen is nie. Daar word algemeen aanvaar dat dit in 1898 was, en in die Gold Fields News & Barberton Herald van 22 Desember 1896 staan daar: “Dr Mansveldt has lost no time in giving effect to his promises regarding the new Government School here.”

Om die skool se verjaardag te herdenk, word daar deur die loop van die jaar verskeie aktiwiteite en feesvieringe beplan. Die feeskomitee is reeds besig om datums vas te stel, en daar gaan ‘n geleidelike opbou wees tot en met Augustus, wanneer die amptelike feesnaweek plaasvind.

LEES OOK: Fatal accident on Hilltop Pass

Van die aktiwiteite wat beplan word, is ‘n gholfdag op 4 Augustus, ‘n ma-en-dogterdag op 5 Augustus, ‘n minihokkietoernooi en ‘n antiekekaruitstalling op 12 Augustus, die feesnaweek vanaf 17 tot 19 Augustus en ‘n formele maskerbal in November.

Tydens die feesnaweek sal Bouwerpark, die laerskool se sportterrein, in ‘n venue met aktiwiteite en stalletjies omskep word. Die besoekers sal saans deur musiek van gewilde Suid-Afrikaanse sangers vermaak word. Die skool beplan ook ‘n feesbylaag wat in Laevelder sal verskyn.

LEES OOK: Gang of armed robbers hit shop in Mbombela mall

Laerskool Barberton wil ‘n versoek aan alle oud-Barberton-leerders en -onderwysers rig dat enige ou foto’s en staaltjies aan hom ge-e-pos word. Die bydraers moet ook daarmee saam toestemming gee dat dit op die skool se sosialemediablaaie en in die feesblad gebruik mag word.

Stuur dit aan Lynette Spencer by lspencer@laerskoolbarberton.co.za, of plaas dit in ‘n koevert en lewer dit by die skoolkantoor af.

“Verkondig dit asseblief wyd en syd, sodat ons soveel moontlik oud-Barbertonners kan betrek,” het Spencer gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button