Spoorloos-span lê op dag ses en sewe 230 km op Oranjerivier af
Die span se reis op die Oranjerivier, aan die Suid-Afrikaanse kant, is amper verby. Nou lê Namibië voor.

Die Spoorloos-span het hul avontuur op die Oranjerivier ten bate van die bewusmaking van geestesgesondheid voortgesit nadat hulle by die Boegoebergdam aan die einde van dag vyf moes uitklim het.
Hulle het hul bootjies op 17 Maart in die water by Groblersdal laat sak nadat hulle lank moes soek vir ‘n plek om hulle te loods. “Ons eerste uitdaging was om ‘n toegangspunt tot die water te bekom,” het Francois Jacobs gesê, en bygevoeg dat een van die boere in die omgewing hulle gehelp het en dat hulle daarna goed op dreef was.
LEES OOK: Physical pain and loss tire Spoorloos team out on day four
Francois sê dat die uitdagings egter nie gestop het nadat hulle uiteindelik in die water gekom het nie. Daar was baie klippe in die rivier en baie wind op die water, wat hulle vaart bemoeilik het. Hulle het ook drie keerwalle teëgekom en moes dié ook trotseer.
Alhoewel hulle baie uitdagings en gevaarlike oomblikke op die water beleef het, sê Francois dat die mooi alles oorskadu. “Daar was mooi landskappe, ‘n bitter mooi sonsak, reënboë en visarende op die roete.”
Die span het ses uur op die water op dag ses van hulle #HaalAsem-ekspedisie deurgebring en sowat 120 km afgelê voordat hulle hul eindbestemming by Upington bereik het.
LEES OOK: Hassle-free trip for the Spoorloos team on a long fifth day
Van Upington af het die groep mans met hulle bootjies op die grondvoertuig se waentjie na Augrabies vertek, waar hulle aan die onderkant van die waterval hulle sewende dag op die water begin het.
Op dag sewe het die span ‘n stewige 110 km ingesit en by Raap-en-skraap besluit om kamp op te slaan voordat hulle hul laaste dag op die waters aan die Suid-Afrikaanse kant van die Oranjerivier sal deurbring. Op dag agt sal hulle die grens oorsteek Namibië toe.
