Local news

Stewarts & Lloyds KANSA-fondsinsameling ‘n lekker familieaffêre

Rocking 4 CANSA by Mustangs was 'n prettige dag vir 'n goeie doel.

Reënboogkleure, hare skeer en plaaslike musiektalent het Saterdag 18 Maart by Mustangs – The Dancing Place oorgeneem.

Verskeie rolspelers, insluitend Stewarts & Lloyds, het saamgekom om ‘n fondsinsameling, Rocking 4 CANSA, hier te reël.

Op die musiekfront was Dee Phoenix eerste aan die beurt. Dan was daar ook The Acoustics en Slick Velvet. Martin Bester & Band het ook die stad vir die fondsinsameling besoek.

LEES OOK: Skryf ’n vars gedig vir Innibos en laat dit in ’n kunswerk omskep

KANSA-vrywilligers het die besoekers by die deur ontvang en sommer dadelik weggespring met die Shavathon-afdeling van die dag. Baarde is gekleur en hare is geskeer, alles vir ‘n goeie doel.

Laeveld Media se eie Buks Esterhuizen het die skeer van sy hare laat opveil en ‘n allemintige R8 000 ingesamel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button