Local news

Sakeontbyt in Mbombela gaan gewig dra

Daar is baie vrae wat ontstaan rakende die huidige ekonomiese en politieke kwessies in die land. Kenners op dié gebiede gaan hierdie vrae by hierdie ontbyt behandel.

Met Eskom uit op sy voete, ‘n ANC-regering wat allerweë die toets vir goeie regering gedop het en politieke onrus wat dreig om oor te kook, kan ‘n mens eienaars van sakeondernemings vergewe as hulle in moedeloosheid verval.

Met elke koerant wat jy oopslaan, raak die prentjie net al hoe donkerder. Menige ontleder sal vir jou sê dinge gaan nie gou beter lyk nie.

Soos sake nou staan, gaan Eskom nie gou omgedraai word nie, in elk geval nie in sy huidige vorm nie. Politieke onrus vanuit geledere wat moeg is vir die regering se vals beloftes, dié gaan ook toeneem in die aanloop na die nasionale verkiesing in 2024.

LEES OOK: Spoorloos-span swoeg 11 dae om die Oranjerivier te tem

Ten spyte van die kollig daarop, neem korrupsie by die dag toe. En boonop heers daar onsekerheid by talle Suid-Afrikaners oor wat die toekoms vir ons inhou na volgende jaar se verkiesing.

Het die opposisiepartye dit in hulle om sinvolle koalisies te vorm as dit gebeur dat die ANC onder 40% van die kiesersteun trek? Sal die ANC vreedsaam afstand doen van mag as die party so swak vaar soos verwag word? Gaan die party regtig minder as 40% van die kiesersteun trek, of is dit net ‘n hersenskim van mense wat graag wil sien dat die party tot ‘n val kom?

LEES OOK: Pumas triumph over Lions in a nail-biting clash in Mbombela

Dit is alles vrae wat ‘n mens dwing om te vra of daar nog ‘n toekoms vir jou sakeonderneming is. Om die kwessie te bespreek het Nuuspod en Laevelder kragte saamgesnoer en drie kragtige meningsvormers na die Laeveld genooi.

Kom eet daarom saam met ons ontbyt op Dinsdag, 28 Maart, by Church Unlimited en luister na die wyshede van Helen Zille, prof. André Duvenhage van Noordwes Universiteit en adv. Stefanie Fick van Outa.

Dit gaan die een geleentheid wees waar jy jou en jou onderneming bemagtig kan word deur kundige meningsvormers wat hul vinger op die pols het van wat in Suid-Afrika gebeur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button