Local news

Kabaret vind sy tuiste in Sudwala-grotte

Daar was al kore, komedies en verskeie kunstenaars in die Sudwala-grotte. Onlangs het nog 'n genre deel van die repertoire geword.

Enige vertoning in die Sudwala-grotte is ‘n ander tipe bederf – kabaret het onlangs by dié lysie aangesluit.

Helena Hettema, die bekroonde kabaretkunstenaar, aktrise en liedjieskrywer, se vertoning in die grotte Saterdagaand, 18 Maart, het die tema van aande in Parys, Frankryk, aangeneem.

LEES OOK: Stewarts & Lloyds KANSA-fondsinsameling ‘n lekker familieaffêre

Haar liedjies het bestaan uit dié van Franse en plaaslike legendes, magiese musiekblyspele en divas van kabaret.

Met ‘n enkele kollig op haar en die res van die gehoor in donkerte gehul, het Hettema die Sudwala-skare vasgenael gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button