Local newsNews
Uitswenk vir slaggate waarskynlik die oorsaak van ongeluk op R540 naby Lydenburg
Drie mense het ligte beserings in 'n botsing tussen twee voertuie opgedoen, toe die bestuurder van die voorste een na bewering moes rem trap om slaggate te vermy.

Op 28 Maart omstreeks 10:10 was ‘n Toyota 2.4 GD-6-dubbelkajuitbakkie en ‘n Mazda CK-5 in ‘n botsing betrokke.
Die ongeluk het ongeveer 12 km buite Lydenburg plaasgevind, en drie mense het ligte beserings opgedoen.
Volgens nooddienste op die toneel is die Mazda te bestuurder blykbaar genoodsaak om skielik stadiger te ry om ‘n slaggat te vermy. Die Toyota het die Mazda van agter af getref.
Lydenburg se verkeersdepartement, Thaba Chweu Nooddienste, Lydenburg SAPD en insleepdienste was op die toneel om bystand te verleen.
Lees ook: Laevelder-vroue hou verrykende oggendtee vir KANSA

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
